• Opsomming: Gedurende die republikeinse periode moes Gekleurdes in Pretoria self vir behuising sorg. Dat hierdie situasie tydens die Britse bewind voortgeduur het, kan aan faktore soos ontoereikende fondse, lakse munisipale administrasie en die tydelike aard van die bestuurstelsel gewyt word. Behuisingstoestande vir Gekleurdes was tot 1910 inderdaad uiters swak in weerwil van pogings deur die stadsraad en ander instansies om dit te verbeter. Van 1912 af is aandag gegee aan die oprigting van barakke, hostelle, modelwonings en munisipale huise. Die pogings van die plaaslike owerheid was egter onsuksesvol en daar is teruggekeer na die ou stelsel van selfvoorsiening ten opsigte van Gekleurde-behuising. Met die uitbreek van die Eerste Wêreldoo...