• Opsomming: Na die Britse besetting van die Kaap (1806) het die bevolking van die moederstad stadig toegeneem; teen 1829 was die inwonertal ruim 18000 en het bestaan uit invloedryke Engelse handelaars, Hollandssprekende persone, Vry Swartes en slawe. Onhigiëniese toestande het oor die algemeen geheers en gesondheidsdienste het veel te wense oorgelaat. Die lewensomstandighede van minder gegoede Blankes en die Vry Swartes was haglik en is vererger deur armoede, swak behuising, siektes en selfs epidemies. Deur Ordonnansie 50 van 1828 is die inheemse bevolkingsgroepe weliswaar met persone van Europese herkoms gelykgestel; die beginsel van integrasie was ook sosiaal aanvaarbaar. Tog was die gemeenskap nag op ʼn stelsel van slawerny aangewys...