• Opsomming: Gedurende die eerste helfte van die 19de eeu is die eerste landbouverenigings in die Kaapkolonie gestig. Die landbouverenigings het egter as gevolg van hulle beperkte ekonomiese doelwitte nie aan die verwagtings van die boerderygemeenskap voldoen nie. Gevolglik het by die boere 'n behoefte aan die stigting van boereverenigings ontstaan wat hulle ekonomiese en politieke belange kon bevorder. Die boere het naamlik besef dat hulle ekonomiese en politieke belange onafskeidbaar van mekaar is. Gevolglik is binne 'n bepaalde streekverband verskeie boereverenigings gestig wat in drie hoofgroepe ingedeel kan word, naamlik die Afrikaanstalige boereverenigings in die oostelike distrikte van die Kolonie, die Engelstalige boerevereniging...