• Opsomming: Die Noord-Kaaplandse dorp Olifantshoek het vroeg hierdie eeu tot stand gekom in 'n gebied wat voorheen deur die Tswana bewoon is. Toe Brittanje suidelike Betsjoeanaland in 1885 annekseer, is die grondgebied van die inheemse bevolking tot 'n aantal reservate beperk. Met die inlywing van Brits-Betsjoeanaland by die Kaapkolonie in 1895 het die reservate in besit van die Tswana gebly en kon dit slegs met die toestemming van die Britse minister van Kolonies vervreem word. Weerstand teen Blanke kolonisasie het gelei tot die Langeberg-rebellie van 1896-97 waardeur die Tswana deur drastiese regeringsoptrede nog sowat 'n vyfde van hulle grond verloor het. Toestemming vir hierdie vervreemding is maklik van die betrokke Britse ...