Die leksikografiese definisie word steeds beskou as die belangrikste inskrywing in 'n woordeboekartikel. Soos by ander woordeboekinskrywings, is dit belangrik dat hierdie sentrale inskrywing by die taalwerk1ikheid moet aansluit Om dit te bereik, moet die Ieksikograaf sy definiense sover moontlik op voorbeeldmateriaal uit die geskrewe en gesproke taalgebruik baseer. Na hierdie onderliggende aspek van die leksikografiese definisie word daar gekyk. Daar word ook aandag gegee aan enkele maniere waarop die leksikografiese. definisie aangebied kan word. Van hierdie maniere is die genus-differentiae-definisie, die sinoniemdefinisie, die sirkeldefinisie en die deskriptiewe definisie waarskyn1ik die bekendste. Na die verskeie kriteria wat toegepas k...