Hierdie artikel handel oor die posisie van die werkwoord aan die einde van sekere sinne in Afrikaans. 'n Oorsig word gegee oor die teoretiese uitgangspunte van die diachroniese en sinchroniese taalwetenskap. Die Klassieke Grieke se ontleding van 'n sin in subjek en predikaat word as vertrekpunt geneem en dié struktuur word tans nog in die Transformasionele Generatiewe Grammatika (TGG) geformaliseer as naamwoordstuk (NS) en werkwoordstuk (WS). Die verdere verdeling van die werkwoordstuk in Objek en/of Res bring die bespreking by die verskillende kombinatoriese opeenvolgings van SOV. Daar word stilgestaan by die verskillende tipologiese perspektiewe wat SVO- en SOV-volgordes in Afrikaans betref. Die verandering in Germaanse tale en die invloe...