Dit is vir die Rcdaksie ’n besondere voorreg om met hierdie uitgawe dank cn waardering te betuig aan 'n fiere eksponent van die wysbegeerte op Calvinistiese grondslag. Die feit dat prof. Stoker een van die oorspronklike oprigters en vir drie jaar lank hoofredakteur van hierdie blad was plaas hom nog verder in ’n besondere posisie van eer. In akademiese kringe is daar nog hoë verwagtings van prof. Stoker: die verdere uitbouing van sy besondere stempel op die Christelike vvysgerige denke bly 'n dringende noodsaaklikheid. In ons dank is daar dus nie die weemoed van finale afskeid nie: volgens prof. Stoker se eie woorde is hierdie m aar 'n caesura (onderbrekings- of ruspunt in die versreël) soos ook vorige caesurae in sy lewe. Ons a...