Wil ’n mens iets informatiefs sê oor die hóé van romanmatige vergestalting in eietydse Afrikaans, is die romans van André P. Brink, naamlik Lobola vir die lewe (1964), Die ambassadeur (1964), Orgie (1965), Kennis van die aand (1973) en Oomblik in die wind (1975) ’n goeie keuse. Nêrens in die Afrikaanse prosa vind jy soveel proefneming en volgehoue eksploitering van die moontlikhede wat hierdie genre bied nie. Verder kan Brink beskou word as die leier wat tegniese vemuwing in die Sestigerprosa betref. Hy staan as omstrede outeur en teoretikus in die brand- punt van die literatuurstryd wat sedert die sestigerjare ontbrand het en steeds voortduur. Vir die student is die besondere tema, die romanmatige weergawe van die reaiiteit as ont...