Suid-Afrika, soos ander ontwikkelende lande in Sub-Sahara Afrika, bly in gebreke om die Verenigde Nasies se Millennium Ontwikkelingsdoelwitte te haal. In hierdie artikel word daar verduidelik dat hierdie onvermoë waarskynlik verband hou met grootskaalse wanvoeding in Afrika. Ekonomiese ontwikkeling en modernisering het ’n verandering in leefstyl en eetpatrone veroorsaak wat tot oorgewig en verwante siektes lei, voordat die probleem van ondervoeding opgelos is. In Suid-Afrika is ’n derde van die kinders nog steeds ondervoed terwyl byna ’n derde van volwasse mans en meer as die helfte van volwasse vroue reeds oorgewig of vetsugtig is. Hierdie dubbele lading van ondervoeding en oorvoeding lei tot hoë vlakke van beide oordraagbare (infektiewe) ...