• Opsomming: Van die nege Oranje-Vrystaatse dorpe wat tussen 1854 en 1864 dorpstatus verkry het, het agt sonder die goedkeuring van die Volksraad ontstaan. Die eerste ordonnansie ten opsigte van plaaslike bestuur het geen prosedures vir dorpstigting bevat nie, slegs voorskrifte waarvolgens reeds bestaande dorpe bestuur moes word. Die lewenskragtigheid van die nuwe staat het die aanlê van nuwe dorpe egter genoodsaak. Naas godsdienstige oorweginge was daar ook demografiese, geografiese en ekonomiese redes vir dorpstigting.• Summary: Of the nine Orange Free State towns which were accorded the status of towns between 1854 and 1864, eight came into being without the approval of the Volksraad. The first ordinance on local government did not co...