• Opsomming: Die vestiging van die groot groep Hugenote in die Franschhoekvallei sedert 1688 het aan die gebied 'n besondere agrariese karakter verleen. Wynboerdery was van meet af aan die vernaamste bedryf. Graanverbouing is vanweë klimaatsfaktore verwaarloos, terwyl vrugte-, groente- en veeboerdery hoofsaaklik vir persoonlike verbruik beoefen is. Enkele wynboere het met verloop van tyd aansienlike vooruitgang gemaak, hoewel faktore soos die jarelange wag om eiendomsreg op grond te verkry, die skaarste aan arbeiders en drostery, droogtes, ontydige Teen, die daling in die wynprys, hoe vervoerkoste, swak paaie, groot afstande na markte en dranksmokkelary die wynbedryf nadelig geraak het. Nietemin het die Hugenote en ander pioniers met toewy...