• Opsomming: Maatstawwe om te bepaal wanneer 'n dorp in Suid-Afrika gestig is, kon nog nooit werklik neergelê word nie. 'n Studie in enkele Noord-Kaaplandse distrikte bring aan die lig dat slegs een dorp in die streek nie sy stigtingsdatum tot die instelling van plaaslike bestuur terugvoer nie. Teen hierdie agtergrond word in Kuruman se eeufeesjaar die omstandighede ontleed wat veroorsaak het dat die dorp na goedkeuring vir aanleg (1886) en die uitmeet van erwe (1887) teen so 'n slakkegang ontwikkel het dat plaaslike bestuur eers ongeveer 30 jaar later toegeken is. Die studie toon aan dat die optrede van sendelinge en die owerheid, asook ekonomiese faktore, tussen 1886 en 1903 grootliks hiervoor verantwoordelik was. Namate die be...