Skrijwer van die Dolosgooier, met 'n voorwoord van Oud-President F. W. ReitzDie skrijwer van hierdie boek is 'n seun van mij. Als ik nie eerlik in staat was nie om onpartijdig sij werk te beoordeel, dan sou ik kortweg geweier he om 'n opinie daaroor uit te druk en hom gevra he om bij iemand anders vir 'n “Voorwoord" te gaan aanklop. Maar, nou dat ik 'n kans gehad het om die proewe na te sien, kan ik, sonder skroom, en met 'n seker mate van vaderlike trots hierdie storie aanbeveel. Hoe meer boeke van die soort gedruk en gelees word, hoe meer sal die Afrikaanse taal grond win, en sal dit help om die leeslus van onse jeug aan te kweek. Vir die “politiek” wat die skrijwer so hier en daar, voorendag mee kom, hou ik mij natuurlik nie verantwoorde...