• Opsomming: Gedurende die laat-19de eeu was die ontginning van sout by die Soutpansbergse soutpan 'n gewilde bedryf. Dit is meegebring deur die groter getal mense wat hulle na die ontdekking van goud aan die Witwatersrand in 1886 in die distrik Soutpansberg gevestig het. Die regering van die Zuid-Afrikaansche Republiek het aanvanklik gepoog om 'n vorm van administratiewe orde by die soutpan te skep. Dit het egter misluk en daarom is die bron aan private ondernemers verpag; dit het egter spoedig duidelik geword dat voorpospioniers groot skade as gevolg van hierdie reëling gely het. Die saak kon nie summier reggestel word nie omdat die staat kontraktueel aan die verhuring verbind was. Die navorsing toon dat private ondernemerskap onder voor...