In hierdie artikel is die teologiese opleiding van die pastoor van die Apostoliese Geloof Sending (hierna die AGS) kursories ondersoek. Kwalitatiewe navorsing wat gedoen is met 'n gedeelte van die breër AGS-lidmate en wat deur die AGS se hoofkantoor geselekteer was, het gewys op die taak en rolverwagtings van die pastoor. Die navorsing het verder getoon dat pastore deurlopend toegerus moet word ten einde suksesvol aan al die rolverwagtings te kan voldoen. Ten einde 'n groter en duideliker beeld van die voortgesette opleiding van pastore te verkry, is 'n literatuurkontrole gedoen. Die literatuurkontrole het aangetoon dat teologiese opleiding wêreldwyd onder die loep kom en dat daar daadwerklik pogings aangewend word om toepaslike effektiewe ...