• Opsomming: Die verval van die klein dorp het reeds krisisafmetings aangeneem op die Suid-Afrikaanse platteland. Dit word weerspieël in die afname van veral Blanke-bevolkingsgetalle en dit benadeel die interne struktuur en funksionering van die dorpe in terme van hul dienste, fasiliteite, ekonomiese basis en sosio-ekonomiese bevolkingsamestelling. Hierdie omstandighede het ontstaan omdat die bestaansfunksie van sommige dorpe in die moderne tegnologiese wêreld uitgedien geraak het, as gevolg van die bevolkingsverskuiwing van die platteland na die stede en sommige dorpe se ongunstige ligging. 'n Kitsoplossing vir die ingewikkelde probleem is nie voor-die-hand-liggend nie. Verskeie benaderings tot die probleem is moontlik. Met die oo...