• Opsomming: Die ontstaan van stedelike sentra hou verband met nedersettingsgeskiedenis en die behoeftes van die plaaslike bevolking. Aangesien van die oudste binnelandse dorpe in Suid-Afrika in die Oos-Kaapse Middellande aangelê is, teen die streek hom uitstekend vir 'n studie van dorpstigting. Drie duidelike periodes van dorpstigting kan onderskei word. Politieke of administratiewe oorwegings was gedurende die eerste periode van belang, terwyl die Nederduitse Gereformeerde Kerk gedurende die tweede periode vir die stigting van dorpe verantwoordelik was. Geen bepaalde rede vir dorpstigting kan vir die derde periode aangedui word nie, behalwe miskien die behoefte aan 'n sentrale dorp.• Summary: The origin of urban centres is related to se...