• Opsomming: Reeds in 1836 het A.H. Potgieter en Louis Trichardt 'n terrein uitgesoek vir 'n dorp aan die voet van die Soutpansberg. Dié dorp is eers in 1848 aangelê nadat Potgieter se geselskap Ohrigstad verlaat het, veral vanweë sy strewe om buite die Britse invloedsfeer te woon en die behoefte aan 'n noordelike verbindingsroete met Inhambane. Die nuutgestigte dorp het aanvanklik Oude Dorp geheet, dog later is dit tot Soutpansberg en in 1855 tot Schoemansdal herdoop. Hierdie mooi dorp bet veral as gevolg van die jag, ivoorhandel, landbou en die nabygeld soutpan vooruitgang gemaak. Smouse en ivoorhandelaars het in die gemeenskap se behoeftes voorsien en was ook die belangrikste skakel met die buitewêreld. Die koms van ds. Van W...