• Opsomming: Robert Gray het in 1847 opdrag gekry om na Suid-Afrika te kom as die eerste Anglikaanse biskop van Kaapstad. Sy vrou Sophia, 'n begaafde argitek en kunstenares, het hom in sy werksaamhede bygestaan en vergesel op die meeste van sy binnelandse reise. Oral waar hy gemeentes gestig het, het sy die kerkgeboue ontwerp, waarvan sommige vandag nog te sien is op George, Knysna, Claremont (Kaapstad), Caledon, Fraserburg, Riversdal, Worcester, Clanwilliam en Victoria-Wes. Gedurende hulle laaste reis na die binneland in 1869 het biskop Gray, sy vrou en die plaaslike landdros, Harold Welby, die tertein vir die St. John-Anglikaanse kerk op Victoria-Wes uitgesoek. Sophia Gray het weer eens die kerk ontwerp. Die hoeksteen is op 27 Desember...