• Opsomming: Die Bokaap is 'n kenmerkende Kaapse Moslem-woonbuurt wes van die sentrale sakegebied van Kaapstad wat die tand van die tyd, handelsindringing en apartheidswetgewing oorleef het. Hierdie artikel is 'n studie van die verandering in houding en optrede jeens die Bokaap - en die ou Maleier-buurt daarbinne - oor die afgelope 50 jaar. Eers is daar ʼn bespreking van die verandering in houding wat verband hou met die probleme rondom die sloping van krotte en herontwikkeling binne die ou Maleier-buurt in die dertigerjare, en met die nie-amptelike veldtog vroeg in 1940 om die buurt te bewaar. Voortvloeiend uit die bewaringsveldtog was daar van die vyftigerjare tot vroeg in die sewentigerjare 'n verandering in die amptelike houding en opt...