Die Potchefstroomse Uniwersiteitskollege het gedurende die dae van 2 tot 4 Augustus feesgevier. Met die hoeksteenlegging van die hoof gebou van die P.U.K. is weer 'n mylpaal in die geskiedenis van die inrigting onder Gods seën bereik. Die ontstaan en bestaan van die P.U.K. getuig van die krag van beginsels. Die oprigters het uit en vir beginsels geleef, beginsels wat wortel in die ou Protestantse geloof. Hulle beginsel-arbeid en -lewe was nie tevergeefs nie! Op 4 Augustus het Dr. D. F. Malan, die waarnemende Eerste Minister van die Unie en die Minister van Onderwys, met nadruk die goeie reg van bestaan van die P.U.K. beklemtoon. Ons nederige dank vir die hoogamptelike erkenning, wat nog in die toekoms baie groot waarde sal he en werd is om ...