• Opsomming: Die broers William en James Robert Deas het as jong seuns in 1853 saam met hulle ouers van Skotland na Suid-Afrika geemigreer. Hulle vader het hom in 1856 op Oudtshoorn gevestig waar die seuns Skoolgegaan, die grofsmidambag geleer en hulle as kar- en wamakers bekwaam het. In 1875 het die broers hulle eie wamakery begin en dit in die daaropvolgende jare uitgebou tot een van die grootste ondernemings in sy soort in die Kaapkolonie. Teen die einde van 1899 moes die vennootskap ontbind as gevolg van die afname in sakebedrywighede. Albei broers het ʼn belangrike rol in die openbare lewe gespeel selfs nadat hulle onderneming verkoop is en elkeen sy eie koers ingeslaan het.• Summary: In 1853 the brothers William and James R...