Fokkema & Kunne-Ibsch (1978: 136) neem 'n sikliese ontwikkeling waar in die benadering tot literare navorsing deur die eeue heen. Na die aanvanklike beklemtoning van die skrywer self en die historiese konteks waarin sy werk verskyn het, het die positiviste, volgens genoemde kenners, die historisiteit van die objek van ondersoek, naamlik die teks, op die voorgrond gestel. In hierdie proses is die skrywer self op die agtergrond geskuif. Die geesteswetenskaplike en intrinsieke benaderingswyses reageer skerp teen die positivisme en sien die teks as 'n a-historiese konstante waarop 'n a-historiese navorser reageer. Die Resepsie-estetika beklemtoon egter weer die noodsaaklikheid daarvan om literare werke in historiese konteks te bestudeer. Die st...