In alle gemeenskappe word dit aanvaar dat persoonlike naamgewingspraktyke en kultuur met mekaar vervleg is. Aangesien kultuur nie staties is nie, maar dinamies en voortdurend aan die verander, het persoonsname groot verandering ondergaan as gevolg van van sosio-kulturele en politieke faktore. Hierdie artikel besin die verandering en kontinuïteit in die praktyk van persoonsnaamgewing onder die Zoeloes. Nuwe data toon die ontwikkeling vanaf prekoloniale Afrika tot die post-1994 periode in Suid-Afrika. Dit toon ook dat die terugwinning van inheemse name in die nuwe demokratiese bedeling beskou moet word as ’n wyse waarop Afrikane hulle identiteit herdefinieer en herbevestig; dus ’n destigmatisering van hulle kultuur. Hierdie artikel neem sterk...