Die woord „teologie” is veelsinnig en kan o.m. beteken: 1. Die kennis wat God van Homself het. 2. Die leerstuk in die Dogmatiek wat spesiaal oor die wese van God handel, of ook: 3. Die kennis van God wat geput word uit die openbaring, d.i. soos mense God ken. Dit is veral in hierdie laaste sin dat ons teenswoordig van teologie spreek, en dan word daaronder ’n liele sisteem van vakke verstaan, wat hul saambindingspunt daarin vind dat dit in almal ten slotte gaan om „die kennis van God.” Die idee van hierdie sisteem van vakke word beter weergegee deur die benaming „Godgeleerdheid.” Hierdie woord bring duidelik aan die lig wat ook in die Griekse „theologein” opgesluit lê. Dit kan naamlik, wat die afleiding betref, sowel „spreek oor God” as „na...