Soos die subtitel aandui, is hierdie publikasie 'n gedenkboek van Kaapse rebelle en Republikeinse burgers wat gedurende die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902 deur die Britse militere owerhede tereggestel is. Dit is gebaseer op G. Jordaan se alombekende boek Hoe Zij Stierven: Mededeelingen aangaande het einde dergenen. aan wien gedurende den laatsten oorlog. in de Kaap-Kolonie. het doodvonnis voltrokken is wat in 1904 deur De Stem-Drukkerij, Burgersdorp uitgegee is. (HAUM het laasgenoemde werk in 1944 uit Nederlands na Afrikaans vertaal en onder die titel So het hulle gesterf gepubliseer.) Jordaan se werk is volgens die skrywers "steeds een van die betroubaarste verwysingsbronne" oor hierdie teregsteIlings, aangesien dit slegstwee jaar mi die ...