In navorsing oor motiewe en temas in letterkundige werk is dit van groot waarde as die teks dit self deur een of ander tegniek aandui. Sodoende kan subjektiewe raaiwerk grootliks uitgeskakel word. In die Oresteia, byvoorbeeld, maak Aiskhulos op s6 'n manier van dubbelsinnigheid gebruik dat 'n woord se metaforiese betekenis in die onmiddellike konteks inpas, maar die letterlike betekenis 'n motief skep wat meewerk aan 'n tema. In Ag. 143 s~ die teks dat Artemis "aangenaam .teenoor die doudruppels (oppLKaAOtcTL) van sterk leeus" is. In die onmiddelike konteks verwys 'doudruppels' na 'kinders', maar die letterlike betekenis vorm deel van 'n tema van bloed wat vergiet word, en kulmineer in Agamemnon se bloed wat Klutaimnestra soos 'n 'reenbui' ...