Met hierdie verhandeling is daar probeer om 'n leemte aan te vul wat bestaan ten opsigte van die vroee geskiedenis van die Durbanville-gebied voor 1863. Daar is min geskrewe werke wat uitsluitlik oor hierdie gebied handel en waar dit weI bestaan (byvoorbeeld A Dreyer se Kerksouvenir van Durbanville) is dit hoofsaaklik die kerk - en skoolgeskiedenis wat toegelig word. Die jaartal 1800 is as vertrekpunt vir die verhandeling gebruik. want deur proklamasies wat op 4 Desember 1800 en 13 Februarie 1801 van krag geword het om die "landbouwer alle mogenlyke aanmoediging te verleenen omme eene grootere quantiteit Koorn als gewoonlyk te cultiveeren," is die beslag gele vir 'n bedryf wat in die Durbanville-gebied sulke groot afmetings aangeneem het, d...